LAAT ONS JOU HELP OM JOU PAKKIE OP TE SPOOR

Ons Klantediens Span staan gereed om te help!

E-pos jou Naam, Van, Lidnommer en Verwysingsnommer, indien jy een byderhand het, na bestellings@leserskring.com óf skakel ons op 087 551 7385.

VERSENDINGSBELEID

1. OMKEERTYD

Alle bestellings sal binne 48 uur, Maandag tot Vrydag 8vm tot 5nm versend word, onderworpe aan die beskikbaarheid van voorraad. Neem asseblief kennis dat jou verkose afleweringsmetode ’n impak kan hê op wanneer jy jou produkte ontvang.

Alle digitale goedere kan dadelik afgelaai word.

2. VERSENDINGSMETODES

Ons maak van die volgende versendings- / afhaalmetodes gebruik om ons bestellings en gedrukte Katalogusse te laat aflewer:

In Suid-Afrika:
Koerier
Afhaal by toonbank
Pargo
Poskantoor

Buite Suid-Afrika:
Namibië
Afrika
Oorsese lugpos
3. AFLEWERING

3.1 Verandering van afleweringsadres

Indien jou adres verander, moet jy Tuisblad (Edms) Bpk so gou as moontlik skriftelik daarvan in kennis stel om te verhoed dat goedere by ’n verkeerde adres afgelewer word. Tuisblad (Edms) Bpk sal nie aanspreeklik gehou word vir aflewering na jou ou adres, indien jy ons nie van die adresverandering in kennis gestel het nie.

3.2 Tyd van aflewering

Tuisblad (Edms) Bpk sal die produkte wat jy bestel het binne ongeveer 20 dae vanaf ons jou bestelling ontvang het, aflewer.

Indien ’n opsporingsnommer deur die versender verskaf word, sal ons jou bestelling met die opsporingsinligting opdateer.

4. VERSENDINGSKOSTE

Die versendingskoste word deur die gewig van jou bestelling asook jou ligging / gebied bepaal. Die versendingskoste sal voor die betaalpunt-bladsy op die webwerf vertoon word. Jy kan dan besluit of jy die bestelling wil plaas of nie.

Ons maak van die volgende versendings- / afhaalmetodes gebruik om ons bestellings te laat aflewer. Hier is die versendingskostes:

In Suid-Afrika:
Koerier                                                                       R61.00
Afhaal by toonbank                                                 R21.00
Pargo                                                                         R48.00
Poskantoor                                                               R58.00

Buite Suid-Afrika:
Namibië                                                                    R150.00
Afrika                                                                        R300.00
Oorsese lugpos                                                      R300.00

NEEM ASSEBLIEF KENNIS: Die bedrae hierbo reflekteer die huidige pos- en verpakkingskostes. Leserskring / Leisure Books behou die reg voor om die pryse te verhoog. Die pryse sal nie meer as een keer per jaar verhoog word nie.

5. BESKIKBAARHEID EN AFLEWERING

Jou bestelling sal teen die afleweringsdatum soos in die Bevestiging van Versending uiteengesit, afgelewer word. Indien geen afleweringsdatum aangedui is nie, sal dit binne 30 dae vanaf die datum van die Bevestiging van Versending afgelewer word, behalwe in uitsonderlike omstandighede.

5.1 Bestellings vir nasending

Indien ’n item vir meer as 14 dae op nasending (back order) gaan wees, sal ons die deel van jou bestelling waarvan ons wel voorraad het, aan jou stuur. Sodra die item weer beskikbaar is, sal ons die res van jou bestelling versend – geen ekstra koste sal van jou gevra word nie.

5.2 Situasies t.o.v. items wat (tydelik) uit voorraad is

Indien enige item(s) wat jy bestel het tydelik uit voorraad is en Tuisblad (Edms) Bpk dit nie aan jou kan lewer nie, sal Tuisblad (Edms) Bpk jou daarvan in kennis stel. Jy kan besluit of jy vir die volgende besending wil wag (sonder dat jy weer hoef te bestel), of ’n terugbetaling wil hê (indien jy reeds betaal het). Indien die item permanent uit voorraad is, sal jou bestelling gekanselleer word en indien jy reeds betaal het, mag jy ’n terugbetaling verkry, of versoek dat jou rekening gekrediteer word (die bedrag kan dan vir jou volgende bestelling gebruik word), of jy kan ’n ander item bestel.

5.3 Produkte wat afgeskaf is

Indien enige item(s) wat jy bestel het permanent uit voorraad is en Tuisblad (Edms) Bpk dit nie aan jou kan lewer nie, sal Tuisblad (Edms) Bpk jou daarvan in kennis stel en jou bestelling vir die spesifieke item kanselleer. In gevalle waar betaling reeds gemaak is, kan ’n alternatiewe item bestel word, of ’n volle terugbetaling versoek word.