Your cart is empty!
Loer in mandjie Plaas Bestelling
Mandjie subtotaal: R0.00
Plaas in mandjie

Reis terug na ’n tyd toe fantastiese prehistoriese diere die aarde bewandel het. Ontmoet sagmoedige reuse, vreesaanjaende roofdiere en vlieënde reptiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in. Gr 3 – 5 HT / Gr 6 – 7 EAT

Item Kode: BC04410


Plaas in mandjie

Die kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op n prettige manier vertroud met die alfabet van A tot Z. Eenvoudige eerste woorde en klanke wat met elke letter geassosieer word, maak dit maklik om die ABC te leer. Kinders kan aangemoedig word om na die klanke en woorde te luister en dit saam uit te spreek, terwyl die pragtige tonele verken word. Die boek vol letters en woorde vorm deel van die Storiemuis-reeks – n moet vir elke voorskoolse kind!

Item Kode: BC00040


Plaas in mandjie

Hierdie kleurvolle telboek maak kinders op n prettige manier vertroud met getalle, terwyl hulle stelselmatig van 1 tot 100 leer tel. Kinders kan aangemoedig word om hardop saam te tel, terwyl daar na elke element gewys en die pragtige tonele op elke bladsy saam verken word. Hierdie boek vol syfers vorm deel van die Storiemuis-reeks – n moet vir elke voorskoolse kind!

Item Kode: BC00030


Plaas in mandjie

Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks – n moet vir elke voorskoolse kind!

Item Kode: BC00050


Plaas in mandjie

null

Item Kode: BC04420


Plaas in mandjie

Vertrek op ’n opwindende safari en leer ken die konings van die oerwoud. Sien sluipende luiperds, skugter poemas en blitsige jagluiperds in aksie. Kyk hoe ’n jaguar sy prooi bekruip, soek saam na die seldsame Bengaalse tier en ontmoet die koning van die diere, die magtige leeu. Toets jou kennis en geniet agt bladsye vol prettige aktiwiteite! Gr 3 – 5 HT / Gr 6 – 7 EAT

Item Kode: BC04430


Die HAT Afrikaanse sakwoordeboek – die HAT Afrikaanse skoolwoordeboek in ’n handige sakpas formaat – bevat meer as 30 000 woorde en hul verbuigings, idiome en vaste uitdrukkings, eenvoudig verklaar en toegelig met duisende natuurlike voorbeeldsinne en –frases en meer as 300 illustrasies. Agterin die woordeboek is daar ’n uitgebreide lys Afrikaanse afkortings, plus ’n omvattende lys terme wat leerders vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal moet ken. Kenmerke: Graad 5-12 – Kompakvirsaamdra – Ooreenkomstigdie Kurrikulum – Gratis woordeboekaktiwiteiteen -speletjies – Vir Afrikaans Huistaal: gr. 5–12 – Vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal: gr. 6+en -speletjies

Item Kode: BC05560


Die HAT Afrikaanse skoolwoordeboek bevat meer as 30 000 woorde en hul verbuigings, idiome en vaste uitdrukkings –eenvoudig verklaar en toegelig met duisende natuurlike voorbeeldsinne en –frases en meeras 300 illustrasies. Tesouruskassieshelp leerders hul woordeskat uitbrei, en nuttige inligting oor spelling en korrekte taalgebruik is ingesluit. Agterin die woordeboek is ’n uitgebreide lys Afrikaanseafkortings, asook’n omvattendelystermewat leerders vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste AddisioneleTaal moet ken. Kenmerke : Graad 5-12 – Onmisbaarin die klas – Ooreenkomstigdie NasionaleKurrikulum – Duisende definisies voorbeeldsinne en idiome – Inligting oor die herkoms van woorde, sinonieme, antonieme, manlike en vroulike vorme, intensiewe vorme en vergelykings – Gratis woordeboekaktiwiteiteen -speletjies

Item Kode: BC05490


Knap jou taal gebruik op. Brei jou algemene kennis uit. Verfris jou geheue. Vergewis jou van jou feite. Gaan jou spelling van vreemde plek- en eiename na. Help jou kind met skooltake. Stof jou opponente in trivia speletjies uit. Draf blokraaisels kaf. Vra jou vriende vas. Hou op kopkrap!TAAL : – Sowat 1 000 artikels oor eietydse taalgebruik. – Betroubare, korrekte antwoorde op taalprobleme waarmee woorde boeke jou nie help nie. Duidelik toegelig met werklike voorbeelde uit die taalpraktyk – Spelling, leesteken gebruik, problematiese woorde en frases, die regte woordkeuse, woorde wat dikwels met mekaar verwar word, die invloed van Engels op Afrikaans, en nog meer. – Die riglyn een inligting berus op die ondervinding en praktiese kennis wat die skrywer, Tom McLachlan, in ’n langberoeps loopbaasas dosent, onderwyser, maar veral as taalpraktisyn opgedoen het. Hy is ’n oudvoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kunsse Taalkommissie en een van die voorste kenners van Afrikaans vandag.FEITE: – Sowat 6 000 deeglik nagevorste ensiklopediese artikels. – Inligting oor Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld. – Sowat 300 illustrasies, en KR-kodes wat jy met jou selfoon skandeer om addisionele inligting, oudio-, video- en beeldmateriaal op die internet en HAT se webblad te ontsluit. – Bykans elke land van die wêreld is opgeneem, historiese gebeurtenisse, belangrike persone, plekke, klassiek een populêre musiek, literatuur, die beeldende kunste, argitektuur, teater, rolprente, mitologie, godsdiens, sport, en meer. – Suid-Afrikaanse sporthelde van gister en vandag. – Suid-Afrikaanse skrywers, kunstenaars, musikant een akteurs.

Item Kode: BC05570


Hoeveel melk kan ’n olifantkalfie in een dag drink Hoe oorleef ysbeerwelpies in die ysige Arktiese koue Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van babadiere te verken! Geskik vir Graad R – 2 Huistaal en Graad 1 – 5 Eerste Addisionele Taal

Item Kode: BC0133


Ontdek ons oseane met hierdie boek propvol feite en aktiwiteite! Maak van naderby kennis met van die vreemdste visse in die oseaan, verken die wonderwêreld van dolfyne, en ontmoet ’n paar van die gevaarlikste gediertes wat in die see bly! Geskik vir Graad R – 2 Huistaal en Graad 1 – 5 Eerste Addisionele Taal

Item Kode: BC0134


Ontdek die wonderwêreld van perde en ponies met hierdie boek propvol feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite en speletjies waarmee jy die wonderwêreld van perde en ponies kan verken, sal hierdie boek jong feitevrate se tone laat omkrul van lekkerkry! Geskik vir Graad R – 2 Huistaal en Graad 1 – 5 Eerste Addisionele Taal

Item Kode: BC0135


Plaas in mandjie

Waarom is ’n gaap aansteeklikHoekom is party mense kleurblindWat laat jou hikHoeveel keer klop jou hart per dagOntdek die wonderlike wêreld van die menslike liggaam met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van die menslike liggaam kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Vind meer uit oor die verskillende liggaamstelsels wat jou aan die lewe hou, ontdek fassinerende feite oor jou hart, brein en ander organe, en vind uit waarom kieme jou siek kan maak en hoe om hulle te beveg! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Item Kode: BC00360


Plaas in mandjie

n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet sekleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewildekookgids vir kinders is nou terug in n vrolike baadjie – met dieselfde vertroudestaatmaker-resepte en splinternuwe kleurfotos. Met gunstelinge sooshamburgers, tjips, pizza en n verskeidenheid soetgoed.Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deurEunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfotosverduidelik en leer jou:hoe om n resep te volghoe om te meetwat kookterme betekenhoe om kombuisgereedskap te gebruikKlein kook & geniet is n mini-kursus wat jou op n lekker plesierige manier touwysmaak in die basiese kuns van kosmaak – en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfdemetodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

Item Kode: BC00720


The ABC of Afrikaans made simple for school-going learners, professionals, tourists … and anyone and everyone interested in Afrikaans Core vocabulary- The top 1 000 most frequent words and their primary meanings- Clear explanations- Exact translations- Natural example sentences and phrases- Usage notes and illustrations Picture dictionary- Helps you understand the meaning of words Thematic dictionary- Increases your vocabulary Essential communication- Situation-based language for immediate use Afrikaans grammar- Everything you need to know about Afrikaans words, pronunciation, spelling, writing, sentences, and more- Explainedin simple English- Packed with examples- Printed in two colours on 128 pages- Common abbreviations- Activities

Item Kode: BC05540


Specially compiled for beginner learners of Afrikaans and English. Includes definitions! Spesiaal saamgestel vir beginnerleerders van Engels en Afrikaans. Sluit definisies in. Features : Grades 7–12 – Contains the top 1 000 most essential and frequently used words – Clear definitions in English and Afrikaans offer extra support and guide users to exactly the right translation equivalent – Each meaning of a word begins on a new line, so learners can quickly and easily find the translation they need – Thousands of natural examples, based on the Longman Corpus Network and growing HAT Corpus of Contemporary Afrikaans – Usage notes based on information from the Longman Learner’s Corpus and the experience of top language teachers – Special section with illustrations encourage vocabulary building. – Prepares learners for success using English and Afrikaans in everyday life. – Appendices: Picture Dictionary | Thematic Dictionary | South Africa and Namibia | Activities | Abbreviations

Item Kode: BC05510


Hoofkenmerke : – Die Longman-HAT Skoolwoordeboekin ’n handige, maklik draagbare sakformaat – Meer as 10 000 woorde en frases – Duisende betekenisse – Duidelike definisiesin die brontaal bied ekstra hulp en lei gebruikers na presies die regte vertaling wat hulle nodig het – Duisende natuurlike voorbeelde, gebaseer op die Longman Korpus Netwerk en HAT Korpus van Eietydse Afrikaans – ’n Prentewoordeboeken ’n Tematiese woordeboek help om woordeskat te bou – ’n Noodsaaklike Kommunikasie-afdeling bied situasiegebaseerde taal vir onmiddellike gebruik – Noodsaaklike afkortings – Berei leerders voor om van dag tot dag Afrikaans en Engels met sukses te gebruik

Item Kode: BC05530


Hoofkenmerke: – Meer as 10 000 woorde en frases – Duisende betekenisse – Duidelike definisiesin die brontaal bied ekstra hulp en lei gebruikers na presies die regte vertaling wat hulle nodig het – Duisende natuurlike voorbeelde, gebaseer op die Longman Korpus Netwerk en HAT Korpus van Eietydse Afrikaans – ’n Prentewoordeboeken ’n Tematiese woordeboek help om woordeskat te bou – ’n Noodsaaklike Kommunikasie-afdeling bied situasiegebaseerde taal vir onmiddellike gebruik – Noodsaaklike afkortings – Berei leerders voor om van dag tot dag Afrikaans en Engels met sukses te gebruik

Item Kode: BC05520


Plaas in mandjie

The First Steps series is designed for young children, ages 2 and up, who have never used a workbook before. The colorful and easy exercises in each First Steps workbook provide toddlers with the opportunity to become comfortable with the tools that are essential in every school — scissors, glue, pencils, and crayons. These workbooks also teach the motor skills and problem-solving abilities that are a child’s first steps toward success. Suitable for children in Grade RR and Grade R.

Item Kode: BC07350


Plaas in mandjie

Hoe vinnig ry die blitsigste motor ter wêreld Hoe groot is ’n monsterbakkie se bande Perfek vir jong lesers wat mal is oor motors en enige iets met wiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in. Gr 3 – 5 HT / Gr 6 – 7 EAT

Item Kode: BC04400