Your cart is empty!
View Cart Checkout
Cart subtotal: R0.00

Tuinmaak in houers

Frances Tophill
, ,

Daar is altyd plek vir ’n bietjie groenigheid en danksy dié oulike nuwe boek kan jy speel met 40 vindingryke projekte. Frances Tophill het in 2016 by die BBC se Gardeners’ World aangesluit en gehelp om weer lewe in die 50 jaar oue program te blaas. Hier vertel sy onder meer watter plante van houers hou, hoe om ’n vertikale tuin te plant, dammetjie te maak en aarbeie in ’n geut te plant. Kapenaars en almal wat in droogtegebiede woon, sal veral van haar planne hou.

Softcover, 144 pages, 260 x 193 mm

Product Code: 113170

Club Price R270.00
Non Member R310.00

Laat Frances Tophill jou met meer as 40 projekte vir kreatiewe houers wys hoe om dikwels misgekykte potte ten beste te benut in jou tuin – of dit nou ’n beskeie balkonnetjie, ’n klein stoepie of net ’n vensterbank is. Daar is altyd plek vir ’n bietjie groenigheid in ’n mens se lewe. Of jy nou iets vars by jou kombuistuin wil voeg of sukkulente op jou vensterbank wil uitstal, houers maak dit moontlik om die natuur in die kleinste en moeilikste plekkies in te bring. Frances dek ’n verskeidenheid plantskemas en soorte houers – van kruike en trôe tot gestapelde potte en hangmandjies.
Sy gee raad oor die beste plante vir houers, van bonsaibome en bolle tot rankplante en snyblomme. Leer hoe om ’n lewende muur te skep, ’n metaalpot vir ’n dammetjie te gebruik, ’n geutpyp
met aarbeie te beplant of selfs jou eie potte te maak. Met die kreatiewe idees in hierdie boek, kan jy enige tuin met net ’n paar houers in iets besonders omskep.

clubprice

R270.00

Item Code

113170

There are no reviews yet.

Be the first to review “Tuinmaak in houers”