Your cart is empty!
View Cart Checkout
Cart subtotal: R0.00

Skepelinge: Aanloop tot ‘n roman

Karel Schoeman
, ,

Aan die hand van sy kennis van die VOC en skeepvaart, betrag Schoeman die vroeë koloniale era in Suid-Afrika. Hy verweef die stemme van Eliot, Auden, Eybers en Moby Dick se Melville met dagboeke uit die 1600’s en 1700’s.

Softcover, 480 pages, 235 x 156 mm

Product Code: 112010

Club Price R280.00
Non Member R350.00

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOCtyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’. Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville in Moby Dick met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era. Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou
meer as ooit vantevore ondersoek word.

clubprice

R280.00

Item Code

112010

There are no reviews yet.

Be the first to review “Skepelinge: Aanloop tot ‘n roman”