Your cart is empty!
View Cart Checkout
Cart subtotal: R0.00

Mentje – Kind van die Pas-Opkamp

Irma Joubert
, ,

Dié nuwe kragtoer deur een van die gewildste Afrikaanse skrywers van historiese fi ksie speel af teen die Tweede Wêreldoorlog met al sy hebsug en barbaarsheid. Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, is tien jaar oud toe sy saam met Joodse vlugtelinge in ’n geheime kamp in die woud beland en daar skuil. Toe dit begin blyk dat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, vlug sy na haar familie in Arnhem, maar ook daar is sy nie welkom nie en moet sy veg om te oorleef tydens die Slag van Arnhem en die Honger Winter van 1944. In dieselfde tyd sluit Tinus van Jaarsveld in Suid-Afrika by die Britse Leër aan as valskermsoldaat – nie weens oordrewe lojaliteit aan die Britse Ryk nie, maar vir die vergoeding, want hy wil die familieplaas met alle mag en geweld terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, red Mentje hom ondanks die gevaar wat dit vir haar inhou. Hy laat haar ná die oorlog na Suid-Afrika kom, waar sy moet aanpas en inpas by drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Só betree sy en Thinus saam ’n lewensreis vol verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis.

Softcover, 544 pages, 198 x 129 mm

Product Code: 112060

Club Price R225.00
Non Member R295.00

Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ‘n mond wat moet kos kry, nog ‘n lyf wat gewas moet word, nog ‘n asem in die hut. Nog ‘n kind.”

Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ‘n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ‘n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944- 1945.

Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ‘n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.

Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.

Irma Joubert is ‘n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.

clubprice

R225.00

Item Code

112060

There are no reviews yet.

Be the first to review “Mentje – Kind van die Pas-Opkamp”