Your cart is empty!
View Cart Checkout
Cart subtotal: R0.00

Marilyn Kuier en Kook

Marilyn Gantana
, ,

Dié Kapenaar het by haar ma leer kook en haar eerste melktert in Graad 4 gebak. As jonggetroude pastoriepaar is sy en haar man beroep na Loeriesfontein waar sy moes leer om baie monde met min te voer. Dus het sy gaan kers opsteek in die gemeente en… om ’n lang storie kort te maak, is sy as Kuier se huiskok aangestel. Nou kan jy haar praktiese, bekostigbare en smullekker resepte self uittoets.

Softcover, 112 pages, 260 x 210 mm

Product Code: 113280

Club Price R140.00
Non Member R200.00

As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.

clubprice

R140.00

Item Code

113280

There are no reviews yet.

Be the first to review “Marilyn Kuier en Kook”