Your cart is empty!
View Cart Checkout
Cart subtotal: R0.00

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word Gr 6-7 HT / Gr 8-9 EAT

Item Code: BC07140


Adding to cart

Lus om die jongklomp te laat lag Hierdie lawwe versameling met 1 001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse sêgoed, kopkrappers en olifant-grappe. Gr 3 – 5 HT / Gr 6 – 7 EAT

Item Code: BC04470


Adding to cart

Glo jy in spoke Is daar regtig allerlei bangmaakgoed,Wat in die nag rondloop Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee! Geskik vir leerders in Graad 6 – 7 Huistaal en Graad 8 – 9 Eerste Addisionele Taal

Item Code: BC0136


Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus!In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ’n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek, en wat soek hulle Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ’n nagmerrie gaan ontaard …Werner en sy vriende in Duskant die doodlyn lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hul aartsvyande ’n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip En waarom gebeur daar skielik allerhande vreemde dinge met Werner-hulle se rugbyafrigter Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner en die res van sy span beland in groot gevaar …

Item Code: BC00420


Adding to cart

Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!Saam het dié gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, ’n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en ’n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm. Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek: Agent Snoet en die Botterdiamant Agent Snoet en die Kattekwaad Agent Snoet en die Hondelewe Agent Snoet en die Groen Genugtig Agent snoet en die Windlawaai

Item Code: BC00650


  • The first coloured pencil made from the innovative WOPEX material
  • Traditional hexagonal design
  • Attractive shape design
  • Increased breaking point strength
  • Brilliant colours
  • Ergonomic soft surface
  • Wood from PEFC-Certified German Forests

Product Code: C800550


Features- The first coloured pencil made from the innovative Wopex material- Traditional hexagonal design- Attractive shape design- Increased breaking point strength- Brilliant colours- Ergonomic soft surface- Wood from PEFC-Certified German Forests

Product Code: C800540


Maak kennis met ’n paar van die bekendste spoke in Suid-Afrika soos: die spookmeisie van Uniondale, die spookhond van Aliwal-Noord, die Wandelende Jood en die seekaptein wat steeds aan boord van die Vlieënde Hollander oor die oseane swerf … Hierdie 18 verhale wat Wendy Maartens in hierdie bundel oorvertel, sal jou heerlike hoendervleis gee! Geskik vir leerders in Graad 6 – 7 Huistaal en Graad 8 – 9 Eerste Addisionele Taal

Item Code: BC0131


Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo. Graad 7 – 9 HT / Graad 10 – 11 EAT

Item Code: BC05620


Adding to cart

Reis terug na ’n tyd toe fantastiese prehistoriese diere die aarde bewandel het. Ontmoet sagmoedige reuse, vreesaanjaende roofdiere en vlieënde reptiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in. Gr 3 – 5 HT / Gr 6 – 7 EAT

Item Code: BC04410


Adding to cart

null

Item Code: BC05630


English for All

, , , , , ,
Club Price R222.00
Non Member R267.00
Adding to cart

This title is the first grammar reference book based on CAPS. It comprises two parts. The first part includes grammar rules and reference lists, and the second general knowledge facts about South Africa and the rest of the world.

CAPS requirements for English Home Language and First and Second Additional Language are fundamental to the topics discussed in this book. These topics include, amongst others, punctuation, contractions, part of speech, literal and figurative meaning, sounds of things and animals, tenses, synonyms and antonyms, homonyms and homophones and borrowed words. It also contains a list with useful literary terms such as hyperbole, onomatopoeia and personification, as well as useful notes on written work.

The second part of the book focuses on general knowledge facts such as the national symbols of South Africa, who our neighbouring countries are, where our eleven official languages are spoken, who the world leaders are, what currencies are used where, and great inventions of the world.

The simple layout and clear guidance make this title a must -have for each and every learner who wants to pass English as a Home, First or Second Additional Language. It is also a useful reference for adults.

Product Code: 700500


Adding to cart

null

Item Code: BC04420


Adding to cart

Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik Aarbei-en-skerpioenkonfyt Hoekom ry die ryk blondine ’n BMW Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate Want hulle vingers is so groot. ’n Bielie van ’n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS’e. Gr 3 – 5 HT / Gr 6 – 7 EAT

Item Code: BC04490


Adding to cart

Vertrek op ’n opwindende safari en leer ken die konings van die oerwoud. Sien sluipende luiperds, skugter poemas en blitsige jagluiperds in aksie. Kyk hoe ’n jaguar sy prooi bekruip, soek saam na die seldsame Bengaalse tier en ontmoet die koning van die diere, die magtige leeu. Toets jou kennis en geniet agt bladsye vol prettige aktiwiteite! Gr 3 – 5 HT / Gr 6 – 7 EAT

Item Code: BC04430


Die HAT Afrikaanse sakwoordeboek – die HAT Afrikaanse skoolwoordeboek in ’n handige sakpas formaat – bevat meer as 30 000 woorde en hul verbuigings, idiome en vaste uitdrukkings, eenvoudig verklaar en toegelig met duisende natuurlike voorbeeldsinne en –frases en meer as 300 illustrasies. Agterin die woordeboek is daar ’n uitgebreide lys Afrikaanse afkortings, plus ’n omvattende lys terme wat leerders vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal moet ken. Kenmerke: Graad 5-12 – Kompakvirsaamdra – Ooreenkomstigdie Kurrikulum – Gratis woordeboekaktiwiteiteen -speletjies – Vir Afrikaans Huistaal: gr. 5–12 – Vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal: gr. 6+en -speletjies

Item Code: BC05560


Die HAT Afrikaanse skoolwoordeboek bevat meer as 30 000 woorde en hul verbuigings, idiome en vaste uitdrukkings –eenvoudig verklaar en toegelig met duisende natuurlike voorbeeldsinne en –frases en meeras 300 illustrasies. Tesouruskassieshelp leerders hul woordeskat uitbrei, en nuttige inligting oor spelling en korrekte taalgebruik is ingesluit. Agterin die woordeboek is ’n uitgebreide lys Afrikaanseafkortings, asook’n omvattendelystermewat leerders vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste AddisioneleTaal moet ken. Kenmerke : Graad 5-12 – Onmisbaarin die klas – Ooreenkomstigdie NasionaleKurrikulum – Duisende definisies voorbeeldsinne en idiome – Inligting oor die herkoms van woorde, sinonieme, antonieme, manlike en vroulike vorme, intensiewe vorme en vergelykings – Gratis woordeboekaktiwiteiteen -speletjies

Item Code: BC05490


Knap jou taal gebruik op. Brei jou algemene kennis uit. Verfris jou geheue. Vergewis jou van jou feite. Gaan jou spelling van vreemde plek- en eiename na. Help jou kind met skooltake. Stof jou opponente in trivia speletjies uit. Draf blokraaisels kaf. Vra jou vriende vas. Hou op kopkrap!TAAL : – Sowat 1 000 artikels oor eietydse taalgebruik. – Betroubare, korrekte antwoorde op taalprobleme waarmee woorde boeke jou nie help nie. Duidelik toegelig met werklike voorbeelde uit die taalpraktyk – Spelling, leesteken gebruik, problematiese woorde en frases, die regte woordkeuse, woorde wat dikwels met mekaar verwar word, die invloed van Engels op Afrikaans, en nog meer. – Die riglyn een inligting berus op die ondervinding en praktiese kennis wat die skrywer, Tom McLachlan, in ’n langberoeps loopbaasas dosent, onderwyser, maar veral as taalpraktisyn opgedoen het. Hy is ’n oudvoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kunsse Taalkommissie en een van die voorste kenners van Afrikaans vandag.FEITE: – Sowat 6 000 deeglik nagevorste ensiklopediese artikels. – Inligting oor Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld. – Sowat 300 illustrasies, en KR-kodes wat jy met jou selfoon skandeer om addisionele inligting, oudio-, video- en beeldmateriaal op die internet en HAT se webblad te ontsluit. – Bykans elke land van die wêreld is opgeneem, historiese gebeurtenisse, belangrike persone, plekke, klassiek een populêre musiek, literatuur, die beeldende kunste, argitektuur, teater, rolprente, mitologie, godsdiens, sport, en meer. – Suid-Afrikaanse sporthelde van gister en vandag. – Suid-Afrikaanse skrywers, kunstenaars, musikant een akteurs.

Item Code: BC05570


Adding to cart

Klou die luiperd is sommer baie in sy skik. Die mantel wat hy gekry het, lyk nes ’n regte superheld s’n. En wat doen superhelde Hulle werk is tog om ander te help! Daarom bind Klou die mantel om sy skouers en gaan soek iemand wat hulp nodig het. Ienie, Mienie, Maainie en Mou is vier meerkatte wat vir ’n arend vlug. Ek moet die meerkatte gaan red! sê Klou hard vir homself. Ek is Super-Klou! Maar sal Klou die meerkatte kan red … of sal hulle hóm op die ou end moet help ’n Prettige, humoristiese dierestorie, perfek vir beginnerlesers. Graad 3 – 5 HT / Graad 6 – 7 EAT

Item Code: BC03410


Adding to cart

François Bloemhof, Jaco Jacobs en Fanie Viljoen is nie verniet drie van die bekendste grillerskrywers in Afrikaans nie. Hul vorige spanpogings, 13 Spookstories en Nog 13 spookstories is steeds topverkopers. Hierdie nuwe bundel met twaalf grilverhale beloof om hul aanhangers weer eens heerlike hoendervleis te gee! Graad 6 – 7 HT / Graad 8 – 9 EAT

Item Code: BC07040