Your cart is empty!
View Cart Checkout
Cart subtotal: R0.00
Adding to cart

Madiba Magic is a landmark work that gathers many of Africas most cherished folktales in one extraordinary volume. Nelson Mandela (1918-2013) selected these thirty-two tales with the specific hope that Africas oldest stories would be appreciated by children and adults throughout the world. This special edition commemorates Madibas 100th birthday on 18 July 2018. Suitable for learners in Grade 4 – Grade 7 Home Language and Grade 6 – 8 for First Additional Language.

Item Code: BC0694


Adding to cart

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word Geskik vir leerders in Graad 4 – Graad 7 vir Huistaal en Graad 6 – 8 vir Eerste Addisionele Taal.

Item Code: BC0034


Adding to cart

Met hierdie prettige aktiwiteitsboek wat 40 selfklewende plakkers bevat, kan kleintjies heerlik plak en inkleur. Elke bladsy bevat ’n aktiwiteit en as beloning kan jy ’n pandagesiggie onderaan elke bladsy plak! Geskik vir leerders in Graad RR.

Item Code: BC0691


Adding to cart

Otto en Emily het ’n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: Iemand het ’n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vriende is op die punt om die raaisel op te los, wanneer tannie Sharon haarself skielik in groot gevaar bevind. Geskik vir leerders in Graad 4 – Graad 7 vir Huistaal en Graad 6 – 8 vir Eerste Addisionele Taal.

Item Code: BC0688


Adding to cart

Lank gelede was daar ’n prinses. Sy het graag met haar bal naby ’n dammetjie gespeel. Op ’n dag het haar bal in die water geval en tot op die bodem gesink. Skielik sien sy ’n padda op ’n waterlelieblaar sit. Ek kan die bal vir jou gaan haal, sê die padda, maar jy moet belowe ek kan langs jou aan tafel sit en saam uit jou goue bord eet. Ek wil ook vanaand in jou bed slaap, op ’n sagte kussing. Geskik vir leerders in Graad RR – Graad 1 Huistaal en Graad 2 – Graad 3 vir Eerste Addisionele Taal. Ideaal vir voorlees en selflees van 3+ jaar.

Item Code: BC0564


Adding to cart

Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 150 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om vaardighede wat hulle voor en tydens kleuterskool benodig, verder te ontwikkel!

Item Code: BC0568


Adding to cart

Lank gelede was daar ’n arm seun, Jan, wat saam met sy ma in’n huisie gebly het. Op ’n dag het Jan se ma nie meer geldgehad nie. Gaan verkoop ons koei op die mark, sê sy toe virJan. By die mark het Jan ’n slagter ontmoet. Ek wil julle koeihê, het die slagter gesê, maar ek het nie geld nie. Kom onsruil, dan gee ek vir jou towerboontjies wat jou ryk salmaak. Hierdie titel is deel van n heerlike reeks eenvoudigevoorlees-stories.

Item Code: BC0693


Adding to cart

Hierdie aktiwiteits boek bevat meer as 140 self klewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle voor en tydens kleuterskool benodig, verder te ontwikkel!ntwikkel!

Item Code: BC0569


Adding to cart

Lotta se beste vriendin Chantelle het ’n nuwe boetie gekry en hy is so oulik! Rocco het ’n paar tandjies en kan al loop, maar hy is nog steeds so liefies soos ’n katjie! Lotta en Chantelle dink hulle is die beste kinder oppassers as dit by boeties kom. Maar Rocco is ’n handvol. Lotta probeer hom met haar blokfluit hipnotiseer, maar ongelukkig het haar fluit verdwyn. Dis sekerlik haar twee raasbek boeties se werk. Geskik vir leerders in Graad 4 – Graad 7 vir Huistaal en Graad 6 – 8 vir Eerste Addisionele Taal.

Item Code: BC0687


’n Nuwe reeks propvol vakansiepret!Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai.Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf!Maar dan hoor die twee meisies ’n vreemde tjankgeluid tussen die duine. Toe hulle ondersoek gaan instel, ontdek hulle ’n klein hondjie wat seergekry het en hulle hulp dringend nodig het.Sal hulle die hondjie se eienaar kan opspoor

Item Code: BC0068


Max die masjien

, ,
Club Price R115.00
Non Member R130.00
Adding to cart

Hy’s rof en onbeskof… Hy is Zander se persoonlike lyfwag!Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte … ROFSTOEIER!Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy ’n tatoe.En hy gaan vir ’n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit ’n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie. Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos ’n seuntjie in ’n waspoeier-advertensie. Maar hy is ’n regte boelie. Die soort wat nie eens vir ’n rofstoeier skrik nie.Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.En Max het boonop ’n geheim van sy eie …Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir ’n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!

Item Code: BC0066


Adding to cart

Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy n probleem kind. Hy word na n eksklusiewe rehabilitasie kamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn … Geskik vir leerders in Graad 4 – Graad 7 vir Huistaal en Graad 6 – 8 vir Eerste Addisionele Taal.

Item Code: BC0685


Adding to cart

Die lewe op n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die wêreld red! Geskik vir leerders in Graad 4 – Graad 7 vir Huistaal en Graad 6 – 8 vir Eerste Addisionele Taal.

Item Code: BC0689


Adding to cart

Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die Karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamer maat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het Geskik vir leerders in Graad 4 – Graad 7 vir Huistaal en Graad 6 – 8 vir Eerste Addisionele Taal.

Item Code: BC0063


Adding to cart

Met hierdie prettige aktiwiteitsboek wat 40 selfklewende plakkers bevat, kan kleintjies heerlik plak en inkleur. Elke bladsy bevat ’n aktiwiteit en as beloning kan jy ’n panda gesiggie onderaan elke bladsy plak! Geskik vir leerders in Graad RR

Item Code: BC0690


Adding to cart

Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog ’n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Die drie varkies, Jan en die boontjierank, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Repelsteeltjie. Dié klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd. Geskik vir leerders in Graad RR – Graad 1 vir Huistaal en Graad 2 – Graad 3 vir Eerste Addisionele Taal. Ideaal vir voorlees van 3+ jaar.

Item Code: BC0695


Die reus Van der Bees

, ,
Club Price R150.00
Non Member R150.00
Adding to cart

Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan mor en knor die grompot: Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geïllustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorlê – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as dié klein karnallie

Item Code: BC0696


My bielieboek vol kleure

, ,
Club Price R145.00
Non Member R145.00
Adding to cart

Met hierdie karton boek word kinders aan die wonderlike wêreld van kleure bekend gestel! Helder kleurige illustrasies en eenvoudige eerste woorde leer kinders speel-speel van die kleure van die wêreld waarin hulle groot word!

Item Code: BC0566


Adding to cart

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n dief wat straat nommers steel, tot ’n droom rol in ’n ballet konsert.

Item Code: BC0717


Veldiep

, ,
Club Price R175.00
Non Member R175.00
Adding to cart

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi Sy maak n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom so pas afgesê vir een van die rugby-ouens. n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer En sal Tim haar ware skoonheid raaksien

Item Code: BC0686