Your cart is empty!
View Cart Checkout
Cart subtotal: R0.00

Uit die bloute

, ,
Club Price R280.00
Non Member R315.00
Adding to cart

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Vlak te werk, tot boogskutter op rolskaatse bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.Om alles moeiliker te maak, moet Ayla, die grafoloog, ook haar toetrede maak.Vir Ayla is haar verlede verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. Storm Strachan met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ander tameletjie.

Softcover, 544 pages, 198 x 129 mm

Item Code: BA00690


Selma en Louise

, ,
Club Price R235.00
Non Member R295.00
Adding to cart

Selma Barnard is op ’n afdraandpad. Sy staan in ’n reisagentskap en weet skieliknie waarnatoe nie. Haar hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eersverloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek.Hoe kon sy haar so misgis het En waar was haar hartsvriendin, LouiseHoekom het sý haar nie teen die aanslae van die nuwe ridder op ’n wit perdbeskerm nie Sy sal dapper wees, al haar durf bymekaarskraap, en vrou-alleenop die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is niepluis nie ’n Lieflike, lekkerleesroman oor twee boesemvriendinne wat ná veertig jaar besefhulle het wél nie al mekaar se geheime geken nie. Geskryf deur die bekendeaktrise en skrywer van die blitsverkopers, Oros vir die siel, Tjoklits vir die siel enSmarties vir die siel .

Softcover, 448 pages, 234 x 152 mm

Item Code: BA00670


Surprise Me

, ,
Club Price R265.00
Non Member R290.00
Adding to cart

After being together for ten years,Sylvie and Dan have all the trimmingsof a happy life and marriage.However, a trip to the doctor revealsthey could live another 68 yearstogether and panic sets in. They neverexpected ‘until death do us part’ tomean seven decades. In the name ofmarriage survival, they quickly concocta plan to keep their relationship fresh andexciting: they will create little surprises foreach other so that their (extended) yearstogether will never become boring. But intheir pursuit to execute Project SurpriseMe, mishaps arise and secrets areuncovered that start to threaten the veryfoundation of their unshakeable bond.

Item Code: BF00390


Christine le Roux Keur 4

, ,
Club Price R205.00
Non Member R255.00
Adding to cart

In hierdie keur bewys Christine le Roux opnuut dat jy nie ’n vasbeslote vrou moetonderskat nie.In Liewe Onskuld soek die wewenaar Nicolas Steytler ’n oppaster vir sy tweekinders. Die jong rabbedoe Olivia Joubert lyk aanvanklik na ’n onwaarskynlikekandidaat, maar sy is vasbeslote om haarself te bewys. Sý sal na Nicolas sekinders kyk en sommer ook ’n vrou vir hom soek.In Om lief te hê aanvaar Hester Verster ’n pos by ’n plaasskool omdat sy wilwegkom van die stad se gewoel. Die plaaseienaar is egter openlik vyandigteenoor haar en maak dit duidelik dat hy nie tyd het vir onhandige stadsmeisiesnie.In ’n Veilige hawe besluit Madelein le Grange om met die doodgoeie Johan Brinkte trou, al hunker sy na Colin Viljoen – die man wat sy tydens haar vakansie inDurban ontmoet het. Op hul wittebrood in Kaapstad loop Johan en Madelein virColin raak, met rampspoedige gevolge.

Item Code: BA00650


Ena Murray Keur 17

, ,
Club Price R205.00
Non Member R255.00
Adding to cart

In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van’n skokkende nuusberig: ’n Man in ’n silwergrys Mercedes het ’n vrou se baba insy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’sdieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het.In Môre lê ver word die rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaanop sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjieopdaag. Sy word ’n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is aanbeter nie.En in Die meisie van Klaradynstraat het prokureur Owen Kemp Elsa Brits vanhaar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde vanal die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot dieagterstrate nie. Hul dogter Isobel het alles wat haar hart begeer, maar sy krypynaanvalle wat deur ’n diep ongelukkigheid veroorsaak word.

Item Code: BA00500


Theo: One Love, Two Stories TPB

, ,
Club Price R240.00
Non Member R255.00
Adding to cart

Two new novels from Amanda Prowse, that tell the story of one couple from both sides… This is Annas story. There are two sides to every love story… Anna Cole may have grown up poor, but her mothers love made her feel rich every day. When she died, Annas world shattered. Then she met Theo: a shy man with kind eyes, who rebuilt her faith in love. But Theo has a past of his own. Can he really be Annas knight in shining armour if he has his own battles to fight From bestselling author Amanda Prowse, this is the gripping romance of Anna and Theo: One love, two stories.

Item Code: BF00830


Helene de Kock Keur 3

, ,
Club Price R200.00
Non Member R245.00
Adding to cart

Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ’nmens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag. In Vuurvliegie bring dieliefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouché: sy wil Alfons hê. Maar syhet ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet – ’n ó bekende,en tog ook ’n wildvreemde. In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plekwaar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis waar daarsewe jaar tevore ’n moord gepleeg is. Niemand het nog vergeet nie en Zach hetverdwyn. Dis egter tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan.Want die sewende somer is ’n rustyd. Windspoor is ’n verhaal van liefde en vanverraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue.Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kanLaura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar ’n geheimsinnige windspoor iswat na hom toe lei nie. . .

Item Code: BA00510


Liefdesreis (Omnibus)

, ,
Club Price R180.00
Non Member R220.00
Adding to cart

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Susan Olivier se vorige Romanzas, Bod op ’n biljoenêr, Kylie se keuse en Verborge obsessie.Bod op ’n biljoenêr:Agtien maande was nie lank genoeg om Nico te vergeet nie, dit besef Eva die oomblik toe sy hom weer sien, en skielik is sy glad nie meer seker dat sy van hom wil skei nie.Kylie se keuse:Toe Kylie ná jare in die buiteland terugkom om haar pa se plek in sy maatskappy in te neem, sit Alex du Preez daar. En daar’s groot fout in die maatskappy. Is hy die skuldige, heuningmond en al Verborge obsessie:Ná al die jare is Michael Meskin terug, nou die wêreldbekende sakeman. Maar hy straf haar, asof Sonika die skuld dra vir sy swakheid van destyds, toe hy die omkoopgeld aanvaar en die pad gevat het, landuit.

Item Code: BA00620


Andolet (Superromanza)

, ,
Club Price R180.00
Non Member R220.00
Adding to cart

Dit is 1899. Oorlede Simon, Andolet se aanneempa, bemaak haar, soos besitting, as bruid aan onbekende pionierboer, Christian Nitze, woonagtig op sy plaas in die verre Duits-Suid-Wes-Afrika. Sy reis saam met haar diensmeisie, Leila na die vreemde, nuwe land. Christian daag nie op om haar in Walvisbaai te ontmoet nie, maar stuur sy nors neef, Ferdinand, om proksiehuwelik met haar te sluit. Die uitmergelende tog met die ossewaens van Walvisbaai, deur Swakopmund na Windhoek, leer haar oor meer as net die barre Dorsland waardeur hulle trek. Dit laat vlam tussen haar en Ferdinand ontspring, maar dit mag nie. Sy is, ná alles, getroude vrou.Andolet maak vroeg kennis met die onrus tussen die Herero’s en die boere. Dit noop haar en Leila om by Dawid se mense, die Boesmans, in die wildernis te gaan wegkruip totdat Ferdinand haar uiteindelik na Heimat, Christian se plaas, toe vergesel. Haar skuldgevoel toe Christian haar verwelkom, laat haar haar liefde vir Ferdinand sonder sukses onderdruk.Haar lewe is in gevaar toe dit bekend word dat die hoofman van die Herero’s haar wil ontvoer. Die aankoms van haar sogenaamde Franse familie begin egter stadig haar ware identiteit ontbloot.

Item Code: BA00700


Toyboy

, ,
Club Price R200.00
Non Member R220.00
Adding to cart

Real love has a higher price. From the moment 26-year-old Tristan Hansen steps out of the shower and onto the roof garden of his Maboneng loft, Toyboy pulsates with eroticism.The air is hot and humid, and there’s a Joburg thunderstorm brewing on the horizon. The first flashes of lightning illuminates Tristan’s spectacular flat and the riches it contains: gifts of thanks from his many clients, tokens of their appreciation. Because Tristan is an angel of pleasure, an exclusiveescort to Johannesburg’s rich and powerful women. And he is one of a kind. At how the enigmatic Tristan were trained in the art of lovemaking his clients can only guess. He seldom speaks of those who helped him shake off the strictures of his conservative mother who had to raise him on her ownwhen his father committed suicide. Christina, his first love, and their story set far off in a small Italian village, he also keeps to himself. But how did Tristan end up here Who were those women who taught him all he knows And who is the mystery caller who keeps on phoning and whose calls are filled with menacing silence.

Softcover, 272 pages, 234 x 153 mm

Product Code: BF00370


Adding to cart

Lisa Steyn keer ná ses jaar terug Suid-Afrika toe om Carel de Villiers se huwelik te stop. Sy het net vier weke tyd. Maar sy hou nie rekening met Carel se broer Johann nie. Dit was hý wat haar destyds Londen toe gestuur het sodat sy weg van Carel kon wees.Toe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel. Nie net liggaamlik ná haar ongeluk toe nie, maar ook emosioneel. Maar gelukkig lyk die prentjie nou anders. Sy is gereed om haar regmatige plek te eis. Haar wonde en hart het intussen genees. Londen het immers alles gebied wat sy nooit in Suid-Afrika gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van ’n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee.Haar huis in Italië wag op haar waarheen sy kan terugkeer sodra haar sake op die De Villierse se wynplaas Assordante afgehandel is.Die lewe het egter ander planne: Lisa se aansoek as versorger vir Carel en Johann se pa wat ’n beroerte gehad het, is suksesvol, en sonder dat sy dit beplan het, verander dit die koers van haar lewe …

Item Code: BA00610


Onvoorspelbare harte (Omnibus)

, ,
Club Price R180.00
Non Member R220.00
Adding to cart

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Mari Roberts se vorige Romanzas, Dans in die reën, Sprokiesprinses en Fasade van die hart.Dans in die reën:Ná vier jaar kuier Lillie weer by haar tante-hulle op die plaas. Nick du Toit is ook daar. Haar kleintydse mentor die man wat sy liefhet. Hy’s onvoorspelbaar, verwar Lillie, en sy weet sy moet padgee.Sprokiesprinses:Die stappery in die Outeniqua moet Zoë se kop skoonkry. Haar selfbeeld is daarmee heen. Om amper met ’n gay man te trou was erg, maar Kian Richards is erger. Koelkop kan sy hóm nie hanteer nie.Fasade van die hart:Sy verfoei hom, weet hy’t voete van klei. Van kleintyd af al. Maar Beate moet saam met Derrick de Winter in die helikopter wild jaag. Andersins vermy sy hom, tot die verpestelike rooi rok haar deeglik pootjie.

Item Code: BA00730


Onwelkome geskenk

, ,
Club Price R100.00
Non Member R100.00
Adding to cart

Onwelkome Geskenk – Madelie HumanMarile vertrou glad nie die Werner-vent wat met haar oupa konkel en haar kniee lam maak nie. Hy is immers net nog een van die mans wat in haar geld belangstel. Of maak sy n foutInstaanmeisie – Cecilia NortjeOlivia staan vir haar identiese tweelingsussie in as haar kerel se meisie. Dis nie net n gewaagde speletjie nie; daar kan harte breek.Skaakmat vir Hom – Frenette van WykLavanda is in ekstase omdat sy saam met Roland Renin on Monaco kan wees vir die Grand Prix-wedren. Toe ontmoet sy Zanze Ruveix, die raaiselagtige donkerkopman wat sy nog net op televisie en koerantfotos gesien het.

Item Code: BA02680


Sê ja

, ,
Club Price R100.00
Non Member R100.00
Adding to cart

Se ja – Thea HollandLouis is glad nie Nina se soort man nie en sy is buitendien nie die trousoort nie. Hy ook nie, met al die meisies om hom. Nou wat soek hy so pal in haar gedagtesWaterprins – Serena SteynIsla het dalk n bietjie te ver gegaan om haar identiteit te verbloem. En hier in die idilliese Mosambiek moet sy vir n baie spesiale man se hoe sake staan. Of steek hy dalk ook iets wegOnthou My – Salome SchutteOu liefde roes nie. Maar Karlien en die blouoogman wat haar jaare gelede een aand gesoen het, gaan mekaar blykbaar ook nie nou vind nie. Daar is net te veel misverstande en jaloesie.

Item Code: BA02690


Aanloklike Proposisie

, ,
Club Price R100.00
Non Member R100.00
Adding to cart

Aanloklike Proposisie – Susan Olivier Rene sal enigiets doen om hul familiebesigheid uit vreemde hande te hou. Sy sal selfs die nuwe eienaar se proposisie oorweeg: dat sy sy minnares word… hy is immers onweerstaanbaar, hoe kwaad hy haar ook al maak.Goudgeel Liefde – Santi NevenSalome is n opkomende skilder wat op die weeklikse kunsmark n bestaan probeer maak. Tot n vreemdeling met grysblou oe vir haar n uitstalling reel. Maar hy is eintlik slegte nuus, te veel soos haar eksman. Of is hyGoedgenoeg vir Mienke – Erika SwartMienke moet haar erfplaas verdien deur binne n jaar wins te maak. Sy kan, meen sy, maar wat sy die graagste wil he is haar buurman: n boer en skrywer, en so mooi soos n leeu!

Item Code: BA02700


Die Regte Kandidaat

, ,
Club Price R100.00
Non Member R100.00
Adding to cart

Die Regte Kandidaat – Dina BothaRoelien, rykmanskind, laat die man wat haar pa vir haar uitgesoek het voor die jansel in die steek. Gestrand tussen iewers en nerens, kom n busbestuurder tot haar redding. Onder Sterre – Heila TheronAniela het nie geweet daar woon boere met soveel aantrekkingskrag in die uitgestrekte Kalahari nie. Net jammer sy en hierdie boer is al twee hardekoppe. Maar onder die Kalahari se sterrehemel gebeur wonderlike dinge.Ongeslypte Liefde – Elise KeyterGideon Conradie gee vir haar blomme, nooi haar uit vir ete, en dit terwyl hy vir die grootste krisis in Lucia se lewe verantwoordelik is. Sy weet hy het iets met haar suster se weglopery te doen.

Item Code: BA02710


Sophia se beskermengel

, ,
Club Price R85.00
Non Member R95.00
Adding to cart

Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weervry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos.Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaanis wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophiase bloed en word haar wange warm.Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diepgekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié manken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde Op geluk by ’n man wathaar kan aanvul en verstaanDaar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en dieinwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewemet slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hombelangstel nie.

Item Code: BA00660


Om met vuur te speel

, ,
Club Price R85.00
Non Member R95.00
Adding to cart

Die aantreklike Matt Marais is doodmoeg na ’n aand se harde werk as ’nbrandbestryding-vlieënier, maar sy nuwe bure hou van oorverdowende musiek.Sasha Harold met haar groot bruin oë dink Matt is die man wat haar pizza afleweren sy’s glad nie spyt dat hy dit sommer kaalbolyf doen nie.Nie een van die twee is egter in die mark vir ’n verhouding nie: Matt omdathy nog die josie in is ná die verbrokkeling van sy verhouding met die mooi maaroppervlakkige Lexi, en Sasha omdat sy ’n wêreld van moeilikheid agter haar laat.Boonop stem Matt nie saam met die wyse waarop Sasha haar drome wilnajaag nie. Ten spyte van haar waarskuwing – sy is moeilikheid met ’n hoofletterM – maak sy steeds gevoelens in hom wakker. Sy laat hom aan ’n verterendevuur dink en as hy nie versigtig is nie, gaan sy hom vaskeer. Die hemel weet: Hywil nooit weer sy vingers verbrand nie.Hoekom het sy haar gerieflike lewe in die Kaap agtergelaat Sal hulle virmekaar ’n heenkome en veilige hawe kan bied

Item Code: BA00520


To Love A Stranger

, ,
Club Price R61.00
Non Member R156.00
Adding to cart

When Bessie Randall discovers that her sister Lenore has used her name to correspond with a soldier she’s never met and that she’s married the man by proxy using Bessie’s name, Bessie travels to meet him. Jasper Mendenhall is shocked to find that Bessie is not the beauty whose picture he holds in his hand. Can God mend their hearts together despite the circumstances

Product Code: 103540


Liefde in die nanag

, ,
Club Price R81.00
Non Member R86.00
Adding to cart

Werner Calitz is seker hy is die kluts kwyt om ’n skynhuwelik met Belinda aan te gaan. ’n Trou-ooreenkoms sal hul albei se probleme oplos, maar dan word liefde ook genooi – en liefde is moeilikheid van ’n ander kleur

Item Code: BA00850