“’n Opwindende nuwe stem in die mededingende spanningsgenre.” – Schalk Schoombie

 

Die storie
Die tandarts Izak Hugo beleef kort episodes van geheueverlies. Toe hy ’n vriend se verwurgde poedel in sy bakkie ontdek, begin hy al hoe meer in homself te twyfel. Gelukkig het hy besorgde vriende wat hom bystaan…

Die resensie
In sy resensie in Die Burger van 2 Julie 2018 sê die skrywer Schalk Schoombie, “Jo Nel se debuutroman, Die hond wat ophou blaf het, […] sal heelparty grootmense slapelose nagte besorg.” Hy skets vir die leser ’n ontstellende prentjie van wie die hoofkarakter nou eintlik is en maak jou sodoende nuuskierig genoeg dat jy self dié sielkundige riller wil lees.

Dis ’n positiewe resensie met frases soos “Die meeste karakters word konsewent in optrede en pittige dialoog onthul,” en “Beskrywings van die Transkei se kuslandskap getuig van fyn waarneming.”

Boonop word Nel as “’n opwindende nuwe stem in die mededingende spanningsgenre” beskryf en kry hy dit volgens Schoombie reg om die leser tot aan die einde aan die raai te hou.

Wil jy die boek self lees? Kliek hier om Die hond wat ophou blaf het te bestel.

Uit: Die Burger 2 Julie 2018
Uitgewer: Penguin Random House
Resensent: Schalk Schoombie
Prys: R250